Openbare ontlasting nog steeds ‘n probleem
Die leier van die amptelike opposisieparty PDM, McHenry Venaani, het ‘n mosie ingedien om die kwessie van openbare ontlasting in die land na die parlement te neem. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie en Unicef se moniteringsprogram 2020-data, beklee Namibië teen 47 persent die sesde plek in die wêreld vir die hoogste koerse van oop ontlasting. Venaani se mosie moet nou na ‘n relevante parlementêre staande komitee verwys word vir verdere studie en terugrapportering. Kosmos 94.1 Nuus het met oud-ombudsman, advokaat John Walters, gepraat wat sê hierdie kwessie is al jare lank ‘n probleem en niks is daaraan gedoen nie.