Ondersteuning deurslaggewend vir klein organisasies

E.M.A., ‘n organisasie sonder winsbejag wat gesondheidsorg-ontwikkeling in die Windhoek-gemeenskap bevorder, het onlangs ‘n skenking van Klein Windhoek Apteek ontvang. Die organisasie verskaf mediese nood-sorg in die hoofstad en kweek bewustheid oor gesondheidskwessies, en werk ook aan projekte wat bydra tot ‘n gesonder leefomgewing. Om hierdie doelwitte te bereik, is ondersteuning egter noodsaaklik, het Fabian Martens, eerste voorsitter van die organisasie, aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.