Nog ‘n staking in Britse gesondheidsorgOctober 2, 2023
Arbeidsonrus, veral in die Nasionale Gesondheidsdiens in Brittanje, duur voort. ‘n Drie-dag lange staking is deur junior dokters en mediese konsultante geloods. Die land se mediese personeel sê hulle gaan gebuk onder stygende lewenskostes. Vivek Trivedi van die Britse Mediese-vereniging sê dit is om die regering te dwing om na die onderhandelingstafel te kom.