LPM beskuldig minister, anti-korrupsie kommissie

Die opposisie LPM maak in ‘n verklaring sterk kapsie teen “onregverdige optrede” deur die landelike ontwikkeling-minister Eerwaarde Erastus Uutoni, en wat hulle noem sy skoothond die anti-korrupsie kommissie, om politieke onstabiliteit in Karasburg dorpsraad te skep. Die party sê die burgemeester van Karasburg en die hele raad is in hegtenis geneem. Die party sê dat die arrestasies geen verrassing is nie aangesien die minister  die LPM-leierskap aktief teister. Kosmos 94.1 Nuus het met die direkteur-generaal van die anti-korrupsie kommissie Paulus Noa gepraat, wat bevestig dat slegs die burgemeester en ‘n raadslid in hegtenis geneem is en in die hof sal verskyn.

Noa noem omdat iemand ‘n burgemeester is, beteken dit nie dat so ‘n persoon nie gearresteer kan word nie. Hy meld ook dat die kommissie besig is om aktiwiteite by die Karasburg dorpsraad te ondersoek.