Kredietverlengings verlangsaam verder, sê verslag
Volgens Cirrus se jongste verslag oor kredietverlenging in die privaatsektor, het groei in kredietverlengings verder verlangsaam tot 2.3% jaar op jaar in Augustus 2023. Dit was die tweede stadigste sedert April 2022. Besigheidskrediet het vir ‘n vyfde agtereenvolgende maand gekontrakteer en is 2 persent laer as dieselfde tyd verlede jaar. Huishoudelike krediet het egter met 5,4% op ‘n jaargrondslag gestyg. Totale privaatsektorkrediet staan nou op 111,6 miljard Namibiese dollar, wat effektief onveranderd is op ‘n maandgrondslag. Kosmos 94.1 Nuus het met die Cirrus-ekonoom, Robert McGregor, gepraat wat verduidelik wat dit beteken.