Kaapstad sal nie vandag deur EEF-protes afgesluit word nie
Die Stad Kaapstad sê daar is nie vandag ‘n afsluiting in die metro vanweë die beplande EFF-opmars nie. Die party het aansoek gedoen vir ‘n vreedsame protesoptog met voorwaardes, insluitend weerhouding van intimidasie van munisipale werkers, uitbly uit die Ndabeni-skut en om taxi’s van die optog uit te sluit. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê sommige ander politieke partye en burgerlike organisasies gaan hulle by die opmars aansluit. Dit is tot ‘n duisend betogers beperk: