Houtkapper ontken hy het Robin Hood se boom afgekapOctober 2, 2023

Die afgetrede houtkapper Walter Renwick bepleit sy onskuld nadat hy in hegtenis geneem is in verband met die afkap van ‘n ikoniese boom in Engeland. Die boom, bekend as Sycamore Gap, was sowat 300-jaar oud en het bekend geword toe die akteur Kevin Costner daar verby is in ‘n toneel uit die 1991-rolpent, Robin Hood: Prince of Thieves. Dit het sedertdien ‘n toeriste-aantreklikheid geword. ‘n Tienerseun is vroeër in hegtenis geneem en op borgtog vrygelaat. Die polisie het op ‘n groot kettingsaag beslag gelê op ‘n nabygeleë plaas wat aan Renwick behoort het voordat hy dit in ‘n regsgeding verloor het.