Am vervang beseerde Mapimpi by Wêreldbeker
Rugby: Die Springbokke bevestig die senter, Lukhanyo Am, vervang die beseerde vleuel, Makazole Mapimpi, in hulle groep by die Wêreldbeker in Frankryk. Mapimpi het sy wangbeen gekraak tydens die Springbokke se oorwinning van 49-18 Sondag teen Tonga. Am het die beker in 2019 saam met Suid-Afrika gewen en was verantwoordelik vir die laaste aangee na Mapimpi vir sy drie in die eindstryd teen Engeland. Hierdie verandering kom nadat die losskakel Handré Pollard, die haker Malcolm Marx vervang het wat sy knie beseer het.