NUST-studente het uitdagings met fooie en eksamens

Eksamens is op hande by universiteite maar volgens die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie sal studente wie se onderrig-gelde uitstaande is, nie toegelaat word om eksamen te skryf nie. Studente het hul klagtes oor die Namibië Studente Finansiële Bystandsfonds wat nie hul klasgelde betaal nie, na die Namibië Nasionale Studente-organisasie geneem om hulle te help. Kosmos 94.1 Nuus het met Nanso-woordvoerder Dorothea Nangolo gepraat, wat sê hulle het ‘n kennisgewing op hul sosiale media-blaaie geplaas dat studente hul inligting na hulle moet stuur vir hulp.