Marge vir vulstasie-eienaars verhoog

Die ministerie van myne en energie het aansienlike verhogings in handelaarsmarges aangekondig in ‘n stap wat daarop gemik is om die brandstofvoorsieningsketting te stabiliseer en die uitdagings aan te spreek wat oliegroothandelaars en vulstasie-operateurs in die gesig staar. Andreas Simon, ministeriële woordvoerder, sê die ministerie het besluit om die bedryfsmarge vir oliegroothandelaars met 18 sent tot 1 dollar 46 sent per liter te verhoog. Die marge vir vulstasie-eienaars is ook op, met 20 sent na 1 dollar 83. Daar is ook ‘n tydelike drie-maande verligtingsmarge van 20 sent per liter vir oliegroothandelaars. Die aanpassings sal op 4 Oktober in werking tree.