NamLits opdatering se afsnypunt uitgestel

Die Vleisraad van Namibië en die Direktoraat Veeartsenydienste se veldtog om die Namibiese vee-identifikasie en naspeurbaarheid-stelsel op te dateer wat vandag sou verstryk, is verleng tot 1 Desember. Dit kom nadat soveel veeboere by die raad en Veeartsenydienste se kantore opgedaag het dat dit haas onmoontlik sou wees om almal se data betyds by te werk. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Simon Nghipandulwa, die landbou ministerie se woordvoerder, wat meer deel.