Veteraan Dianne Feinstein sterf op 90
Die veteraan Amerikaanse senator Dianne Feinstein, wat ‘n reeks wetgewende prestasies behaal het tydens ‘n baanbrekende loopbaan van drie dekades in die Senaat, is dood. Sy was 90. Feinstein, die Senaat se oudste lid, word erken as ‘n pionier vir vroue in die politiek en was ‘n uiters doeltreffende wetgewer. Sy het reeds in Februarie haar uittrede aangekondig. Haar dood sal na verwagting nie die magsbalans in die Senaat verskuif nie, met die Demokratiese goewerneur van Kalifornië wat ‘n tydelike plaasvervanger vir die res van haar termyn, wat in Januarie 2025 eindig, aangestel het.