Para-atlete van Rusland, Belarus mag in ’24 se Spele neutraal deelneem

Paralimpiese Spele: Die Internasionale Paralimpiese Komitee het gestem om Russiese atlete toe te laat om aan volgende jaar se Spele in Parys deel te neem. Die liggaam sal later besluit of hulle neutraal kan deelneem of onder hulle eie landsvlag. Die president van die komitee, Andrew Parsons, sê hulle glo vas sport en politiek mag nie meng nie. Die Internasionale Olimpiese Komitee sal later stem oor die deelname van Russiese en Belarussiese atlete aan die Somerspele nadat Rusland Oekraïne binnegeval het met Belarus se hulp.