Groot Aub inwoners word geverifieer vir betaalstelsel
Die Stad Windhoek herinner Groot Aub-inwoners aan die verifieering van okkupasiestatus in Groot Aub se uitbreidings 1 en 2. Die proses is belangrik vir die implementering van die betaalstelsel wat vir 1 November 2023 geskeduleer is. Die doel is om inwoners te identifiseer, en kontakbesonderhede en e-posadresse in te samel. Sodra die proses, wat vir die naweek geskudeleer is afgehandel is, sal inwoners vir huurkontrakte begin betaal. Lydia Amutenya, woordvoerder van die stad het die besonderhede.