Europa maak goeie begin in Ryderbeker

Europa het ‘n sensasionele begin gemaak in hulle aanslag om die Ryderbeker te herower na hulle in gister se openingsessie skoonskip gemaak het iin Rome deur Amerika met 4-0 te klop. Rory McIlroy het ‘n voeltjie by die vierde putjie behaal vir Luke Donald se span se vinnige aanslag waarvoor hy gehoop het. Dit is die eerste keer dat Europa al vier openingsessies gewen het. Europa het nie in enige van die kragmetings ‘n agterstand gehad nie en het 22 putjies teenoor Amerika se tien verower, op wat vir die verdedigende kampioene ‘n uitmergelende dag was.