Eerste beskuldigde in Georgia-verkiesingsaak pleit skuldig
Die Donald Trump-bondgenoot en voormalige Republikeinse stemopnemer Scott Hall het skuldig gepleit aan sameswering om by Georgia se verkiesings in te meng. Hall is tot dusver die enigste van 19 beskuldigdes, insluitend Trump, wat skuldig gepleit het in Fulton County, se samesweringsaak. Die pleitooreenkoms vereis dat Hall tot vyf jaar proeftydperk gevonnis word en ‘n boete van 5 000 Amerikaanse dollar moet betaal. En in wat as ‘n reuse-terugslag vir Trump beskou word, sal daar van Hall verwag word om teen ander beskuldigdes in die saak te getuig.