Cyril gekap oor vredesending na Rusland, Oekraïne

President Cyril Ramaphosa moes bontstaan oor vrae oor die koste van sy vredesending na Oekraïne en Rusland in Junie wat nie verstrek is nie. Hy moet ook sy standpunt verduidelik oor sy sekuriteitshoof se beskuldigings van rassisme deur Poolse owerhede tydens ‘n diplomatieke relletjiie. Verskeie Afrika-leiers is by die besoek betrek , maar dit is geraak deur ‘n vertraging van 26 uur vir 120 sekuriteitspersoneel in Pole. Ramaphosa se antwoorde op die navrae is as vaag gekritiseer, met die DA-leier John Steenhuisen wat deursigtigheid eis oor die kostes wat Suid-Afrikaanse belastingbetaler vir die sending moet dra.