China se ekonomie herstel, olieprys sal ook styg
China se vervaardigingsaktiwiteit het in September vir die eerste keer in ses maande gegroei wat aandui dat die wêreld se tweede grootste ekonomie begin herleef. Alle syfers dui aan die land se ekonomie begin stabiliseer. Fabrieksuitset en kleinhandelverkope het versnel het terwyl dalings in uitvoere en invoere verminder het. Winste by nywerheidsfirmas het in Augustus ‘n verrassende sprong van 17,2 persent behaal, wat Julie se daling van 6,7 persent omkeer. Indien China ten volle herstel behoort die ru-olieprys verder te styg. Die land is die wêreld se tweede grootste verbruiker van ru-olie.