Proteas vrouespan honger vir nog ‘n sege

Krieket: Suid-Afrika en Nieu-Seeland se vrouespanne pak mekaar Sondag in Durban in die laaste eendagwedstryd, nadat die Proteas gister in Pietermaritzburg die reeks beklink het. Die gasvroue was indrukwekkend toe hulle die teiken van 253 gehaal het met sewe paaltjies staande en nog 28 balle oor. Die waarnemende kaptein, Laura Wolvaardt, het met ‘n onoorwonne 124 die leiding geneem, met stewige vennootskappe met Suné Luus en Marizanne Kapp. Wolvaardt sê hulle is honger vir nog ‘n oorwinning: