Ouditverslae: Kandjeke sê vaardighede en stelsels ontbreek

Ouditverslae van plaaslike owerhede is weer in die nuus met die ouditeur-generaal se kantoor wat verskeie plaaslike owerhede se oudits voltooi het. Soos gebruiklik, is streeksrade, munisipaliteite en dorpsrade se boeke in chaos met vermiste fondse, toerusting wat weg is en meer. Die ouditeur-generaal Junias Kandjeke sê vaardighede ontbreek en indien nie, is daar weer ander uitdagings.