Opdatering van voorafbetaalde elektrisiteitsmeters in Pionierspark
Stad Windhoek kondig aan dat sy span wat die opdatering van voorafbetaalde meters vir elektrisiteit behartig, vanaf die 3de Oktober tot die 27ste Oktober 2023 in Pionierspark bedrywig sal wees. Kliënte word aangemoedig om enige ongebruikte krediettekens wat voor die meter-opdatering gekoop is te herlaai, aangesien hulle na die opdatering nie meer deur die meter aanvaar sal word nie. Die beamptes sal Maandae tot Vrydae vanaf agt-uur tot sewe-uur werk, en oor naweke vanaf agt-uur tot half-vyf. Die stad vra dat kliënte die beamptes toegang gee tot hul meters om die werk af te handel.