Migrante: Eers mensehandelaars, nou seksuele geweld
Internasionale nuusagentskappe berig dat verkragtings en ander vorms van seksuele misdaad voorkom in Mexiko waar migrante wag om toegang tot die VSA te kry. Talle van hulle het reeds duisende in Amerikaanse dollar betaal om tot op daardie punt te kom. Die grensstede van Reynosa en Matamoros, beide groot deurgangsroetes vir migrante wat die VSA wil binnekom. is die brandpunte van die tipe misdaad.