Marnus kry kans vir Aussies

Die gebore Suid-Afrikaner, Marnus Labuschagne, sal Australië op die eendag-Wêreldbekertoernooi verteenwoordig nadat hy aanvanklik weggelaat is. Hy is by die groep ingesluit nadat Ashton Agar ʼn kuitbesering opgedoen het. Travis Head het sy hand onlangs in Suid-Afrika gebreek en is nog nie slaggereed nie, maar sal saam met die Baggy Green na Indië reis en hoop om in die laaste fases fiks te wees. Die toernooi begin Donderdag met die openingswedstryd tussen Engeland en Nieu-Seeland en Australië speel hulle eerste wedstryd volgende Sondag teen die gasheerland.