Maatreëls teen voëlgriep verskerp in buurland
Die minister in die buurland se Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê weens die voëlgriep-uitbreking kan handelsmaatreëls soos die invoer van vrugbare eiers, tafel-eiers en hoendervleis ingestel word om die beskikbaarheid daarvan te bestuur. Die Wes-Kaap met sewe gevalle word die swaarste getref deur die H5-stam, terwyl 37 gevalle van die H7-stam in Gauteng bevestig is. Ntshavheni sê beheermaatreëls om die verspreiding van voëlgriep te bekamp, is ingestel en boere word aangemoedig om voorgeskrewe biosekuriteitsmaatreëls toe te pas.