LPM briesend oor 50% verhoging in Tsumeb-water
Die Landless People’s Movement sê hy het met skok verneem van die 50 persent verhoging in water-tariewe op Tsumeb. Die dorp sukkel reeds ‘n geruime tyd met sy reservoirs en ander waterinfrastruktuur, sowel as veiligheid van sy waterbronne. Die LPM se woordvoerder Lifalaza Simataa sê inwoners is nie geraadpleeg nie en onder die huidige ekonomiese toestande is die verhoging onaanvaarbaar.