Johannesburg se waterkrisis wek kommer
Die United Democratic Movement in die buurland sê hy is diep bekommerd oor die waterkrisis in Johannesburg waar die krane in baie huise die afgelope tyd dae lank droog was. Die tekorte is veroorsaak deur groot probleme met Rand Water se pype wat water aan Johannesburg Water se reservoirs voorsien. UDM se hoofsekretaris, Yongama Zigebe, sê vervalle infrastruktuur is die hoofoorsaak van die krisis. Hy sê waterinfrastruktuur is nie behoorlik onderhou nie en die bou van nuwe infrastruktuur het nooit voorkeur gekry nie: