Gauteng misluk met werkskepping
Die DA in Gauteng sê miljoene inwoners in die provinsie ly honger weens ‘n gebrek aan werksgeleenthede, maar tog misluk die provinsiale ekonomiese ontwikkeling-departement strykdeur om sy teikens met werkskepping te haal. Uit die beoogde 180 000 werksgeleenthede wat die departement moes haal, kon hulle net 1 690 werksgeleenthede skep. ʼn Woordvoerder van die DA, Nicola du Plessis, sê dit is ‘n druppeltjie in die see: