Eswatini stem vandag vir 59 LP’s

Eswatini stem vandag om parlementslede in die laaste absolute monargie in Afrika te verkies. Regeringsowerhede sê dit is ‘n geleentheid vir die Swati-mense om vir hulle ideale regering en voorkeurstelsel van regering te stem. Eerste Minister Cleopas Sipho Dlamini sê die verkiesings gee landsburgers die geleentheid om oor hul toekomstige leierskap te besluit. Daar is 59 setels in die parlement waarvoor daar gestem word. Koning Mswati III is onder toenemende druk om plek te maak vir ‘n demokrasie in die land.