DA, ActionSA se koalisie in Tshwane onbevoeg: Tau

Die leier van die Transformation Alliance, Abel Tau, betrek nie-regerings- en burgerlike organisasies ter voorbereiding vir ‘n algehele stilstand in die Stad Tshwane. Die party is bekommerd oor die voortdurende ineenstorting van dienslewering in die metro, en skryf dit toe aan die onbevoegdheid van die DA en ActionSA se koalisieregering. Tau sê die munisipale werkers-staking het dienslewering beïnvloed. Hy sê dit is partye soos ActionSA en die ACDP wat die DA die meerderheid gee om te regeer.