Bokke sal nie ‘n kans vat nie, nie na 2007 nie
Die Springbokke kom Sondag in hulle laaste Wêreldbeker-groepswedstryd teen Tonga te staan en niemand verwag die eilandnasie gaan die verdedigende kampioen verslaan nie. Tog is Suid-Afrika steeds lugtig nadat hulle tydens die 2007 Wêreldbeker byna teen Tonga verloor het. Die Bok-afrigter, Jake White, het nie sy sterkste beginspan gekies nie nadat hulle vroeër maklik met Engeland en Samoa klaargespeel het. Hy moes noodgedwonge verskeie van sy staatmakers as plaasvervangers opstuur om die wedstryd te red. Suid-Afrika het 30-25 gewen en is uiteindelik as kampioen gekroon.