Binnegevegte duur voort in Tshwane

Die DA in Gauteng sê ActionSA het die Tshwane-burgemeester in die rug gesteek en die mat onder die koalisie uitgeruk. Dit volg nadat die party sonder om met die veelparty-koalisie te beraadslaag, ʼn dringende mosie by die raad se speaker ingedien het om Brink te dwing om met stakende werkers te onderhandel. Kwena Moloto van die DA sê deur hierdie mosie te steun, gee dit goedkeuring aan geweld, verwoesting en intimidasie. Hy sê ActionSA se mosie is kortsigtig: