Biden: Daar’s geen bewyse nie
Drie getuies wat by die Republikeine se ampsklagondersoek teen Joe Biden getuig het, was almal eens dat hulle nie eerstehandse kennis dra van enige misdadige aktiwiteit deur die Amerikaanse president nie. Die ondersoek wil vasstel of Biden ooit sy familielede se ondernemings regstreeks gehelp het deur onder andere hulle kliënte te ontmoet of Amerikaanse regeringsbeleid te beïnvloed. Die forensiese boekhouer, Bruce Dubinsky, het getuig daar is nie genoeg bewyse wat dui op korrupsie, bedrog of verkeerde optrede deur Biden of sy seun Hunter nie.