Amushelelo eet, sê korrektiewe diens
Die Namibiese Korrektiewe Diens sê dit is onwaar dat aktivis Michael Amushelelo wat tans aangehou word, op ‘n hongerstaking is. Amushelelo het die aankondiging op sosiale media gemaak maar die diens sê daar is geen aanduiding dat hy nie eet nie. Amushelelo, wat sedert Maart vanjaar in aanhouding is, se vrou Julietta sê haar man het die plasing op sy sosiale media platforms gemagtig. Amushelelo sê niemand gee vir hom om nie so dis ‘n kwessie van vryheid of die dood. Intussen het Suid-Afrika se Ekonomiese Vryheidsvegters ‘n verklaring uitgereik waarin hulle Amushelelo se voortgesette aanhouding veroordeel. Die party doen ‘n beroep op die Namibiese regering om ondersoek in te stel in wat duidelik politieke vervolging is.