Amunime sê NEFF laat Amushelelo in die steek

Die arbeidsaktivis en Namibiese Ekonomiese Vryheidsvegters-lid Michael Amushelelo, wat agter tralies sit nadat hy op Onafhanklikheidsdag gearresteer is by ‘n protesoptog teen jeug-werkloosheid, is deur sy party in die steek gelaat, volgens mede-aktivis Simon Amunime. Amushelo is borgtog geweier omdat hy ‘n hofbevel oor borg in ‘n ander saak verbreek het. Amunime het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die vryheidsvegters gebruik nie hul platform om vir hom te veg nie.