Veiligheidsinligting oor Koeberg verwelkom
Die Suider-Afrikaanse Geloofsgemeenskappe-omgewingsinstituut het die vrystelling van deurslaggewende veiligheidsinligting oor die Koeberg-kernkragstasie in Kaapstad verwelkom, hoewel dit streng geredigeer is. Dié verwikkeling volg nadat die instituut druk op Eskom uitgeoefen het om twee noodsaaklike veiligheidsverslae bekend te maak, na aanleiding van Eskom se planne om die kragstasie se lewensduur te verleng. Francesca de Gasparis van die instituut glo kern-energie het nie ‘n toekoms nie, aangesien hul doelwit is om die omgewing te beskerm vir skoner, veiliger alternatiewe: