Trump (en Biden) vry vir stemme in Detroit
Kenners in die Amerikaanse politiek meen dat die stryd tussen Donald Trump en Joe Biden in erns begin het. Trump het volgens verskeie menings ‘n opdraande stryd om werkers se ondersteuning in te win, eenvoudig omdat Biden bekend is vir sy ondersteuning van vakbonde en werkers. Trump het ‘n dag na Biden se besoek, blouboordjie-werkers in Detroit besoek en hulle omtrent gevlei.