Swak dissipline kelder Welwitschias: Allister
Rugby: Namibië se hoofafrigter, Allister Coetzee, erken ʼn gebrek aan dissipline het sy span duur te staan gekom in gisteraand se Wêreldbeker-groepswedstryd teen Uruguay in Lyon. Die span het skitterend begin en was kort na rustyd 23-12 voor, maar ʼn rooikaart vir Des Sethie en geelkaarte vir kaptein Tjiuee Uanivi en Johan Coetzee het die Suid-Amerikaners met mening laat terugslaan om uiteindelik 36-26 te wen. Dit beteken Namibië is steeds segeloos na sewe Wêreldbekertoernooie. Volgens die afrigter het die span die inisiatief prysgegee.