SA klim hoog op misdaadaanwyser

Tax Justice South Africa het kommer uitgespreek omdat Suid-Afrika sewende uit 193 lande is op ʼn skaal wat misdadigheid meet. Die tweede uitgawe van die aanwyser vir georganiseerde misdaad toon die land het 12 plekke op die misdaadaanwyser geklim. Dit was in 2021 in die negentiende plek, maar het vanjaar ʼn telling van 7,18. Suid-Afrika het naas die Demokratiese Republiek van die Kongo en Nigerië die derde hoogste misdaadtelling in Afrika. Die organisasie se stigter, Yusuf Abramjee, sê hierdie verslag moet ʼn wekroep wees vir wetgewers en wetstoepassingsagentskappe.