Ryderbeker begin Vrydag
Die sport se grootste spankompetisie, die Ryderbeker, begin Vrydag in Rome. Span Europa sal probeer om ‘n onoorwonne tuis-lopie van 30 jaar teen die Verenigde State voort te sit. Die Amerikaners het in 2021 ‘n rekord oorwinning van 19-9 behaal, maar kon sedert 1993 nie op Europese bodem wen nie. Amerika se kaptein, Zach Johnson, sê sy span is slaggereed vir die uitdaging.