Russe staan tou om ‘Barbie’ te sien

Russe staan ​​tou om die Hollywood-rolprent, “Barbie” te sien ondanks Westerse sanksies oor die land se oorlog in Oekraïne. Sommige fliekteaters verkoop selfs kaartjies vir plaaslik vervaardigde kortfilms en wys dan ongemagtigde kopieë van “Barbie” as die voorskou. Die kultuur-ministerie het vroeër gesê die fliek strook nie met die beginsels en doelwitte wat president Vladimir Putin uiteengesit het vir die behoud en versterking van tradisionele Russiese sedes en geestelike waardes nie. Sommige gewone Russe sê hulle behoort self te mag kies waarna om te kyk.