Parlement verdaag na chaos in die NV

Daar was chaos in die Nasionale Vergadering vandag nadat ‘n hoogs ontstoke Landless People’s Movement parlementslid, Henny Seibeb, sy teleurstelling uitgespreek het met die aantal ministers en lede van die huis wat nie die sessie bywoon nie. Ondersteun deur McHenry Venaani, leier van die PDM, het Seibeb voorgestel dat lede se salarisse gesny word as hulle nie sessies bywoon nie. Loide Kasingo, die adjunkspeaker van die parlement, het die huis verdaag nadat lede van die opposisieparty almal uitgestap het en slegs 18 Swapo-parlementslede in die huis agtergelaat het.