Ontvoerings in SA dalk baie hoër

Suid-Afrika het moontlik meer gevalle van ontvoering as wat aangemeld word en kenners waarsku syfers maak nie sin nie omdat baie gevalle nie gerapporteer word nie. Volgens die polisie se jongste misdaadstatistiek is daar slegs vanjaar tussen April en Junie 3 854 ontvoerings aangemeld. TSU International se bestuurder van ontvoeringsvoorvalle, Herman Bosman, sê ontvoerings kom meer voor omdat dit ʼn vinnige manier is om geld te maak: