Onderwys reageer op August 26 wat vir hom bou

Die onderwysministerie het in ‘n verklaring gesê dat hy kennis neem van kritiek dat August 26 Holdings, die weermag se kommersiële vertakking, klaskamers vir hom bou. Luidens die verklaring, het president Hage Geingob die ministerie ingeroep met die uiters swak uitslae van die 2022 akademiese jaar en daar is bevind leerders het nie genoeg plekke om te studeer nie. Dringende verkryging is ooreengekom en ingevolge die verkrygingswet, word dit toegelaat om by openbare entiteite aan te klop om werk te doen. Die ministerie voeg by dat die konstruksie nie net goedkoper is nie, daar is ook ‘n waarborg dat die kontrakteur die werk sal klaarmaak.