Oktober-brandstofprys reeds bepaal, aankondiging onbekend
Die woordvoerder van die energieministerie, Andreas Simon, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig die komitee wat brandstofpryse bepaal het Woensdag vergader. Daar is groot afwagting vir die Oktober brandstofprys omdat daar in Augustus onderverhalings van twee tot drie dollar per liter in die land was. Intussen het die olieprys in die afgelope maand met amper 12 persent gestyg. Die kommoditeit het vanoggend om sewe-uur teen meer as 97 Amerikaanse dollar ‘n vat verhandel en is tans rondom 96 dollar ‘n vat. Die nuwe prys tree volgende week Woensdag in werking maar, Simon kon nie bevestig wanneer dit aangekondig sal word nie.