Namibië verloor spoed in tweede helfte, verloor 36-26 teen Uruguay

Uruguay kon danksy ‘n terugvegpoging in die tweede helfte daarin slaag om ‘n bonuspunt-oorwinning van 36-26 oor Namibië te behaal, in hul Wêreldbeker Groep A-wedstryd in Lyon. Die oorwinning beteken hulle het steeds ‘n skraal kans om wel nog die kwarteindronde te haal. Namibië was teen rustyd met 20-12 voor, ná twee vroeë drieë deur Gerswin Mouton en JC Greyling, en Tiaan Swanepoel se skopskoen. Uruguay het in die tweede helfte egter teruggeveg en danksy drieë deur German Kessler, Santiago Arata en Bautista Basso ‘n vierde Wêreldbeker-oorwinning in hul geskiedenis behaal.