Korrupsie in Gauteng moet ondersoek word
Die DA in Gauteng vra dat ʼn hoogs bekwame interne ondersoekeenheid aangestel word om ondersoeke na korrupsie in die provinsie te versnel. Dit volg te midde van beweerde bedankings en stadige ondersoeke deur premier Panyaza Lesufi se teenkorrupsie-eenheid. Jack Bloom van die DA sê ʼn eenvoudige taak om ʼn bedrogsaak te ondersoek waarby ʼn amptenaar van die provinsiale Gesondheidsdepartement volgens berigte betrokke was, het die teenkorrupsie-eenheid meer as agt jaar geneem om op te los: