Kaapstad kry interdik teen Coloured Congress se betogings
Die Stad Kaapstad het ʼn bevel in die Hooggeregshof gekry wat die National Coloured Congress verbied om sakeondernemings in Mitchells Plain en boupersele in die stad te sluit. Die kongres het ʼn bouperseel van die stad in Bellville en ʼn diensstasie in Lentegeur gesluit, en met gewelddadige intimidasie beplan om vandag Mitchells Plain se middedorp te sluit. Burgemeester Geordin Hill-Lewis sê die hofbevel verbied ook die kongres om mense met geweld te intimideer en belangrike dienste en sakeondernemings te dreig: