Groot geld bestee op SA20-veiling

Die 20-jarige Matthew Boast en Dayaan Galiem het die hoogste aanbiedinge gekry op die SA20 Seisoen Twee-veiling in Johannesburg. Pretoria Capitals het Boast vir 1,6 miljoen Suid-Afrikaanse rand gekoop en Joburg Super Kings betaal dieselfde bedrag vir Galiem. Die Capitals het ook Ierland se aanvangskolwer, Paul Stirling, vir 425 000 rand gekoop. Die Super Kings het die Derbyshire-kolwer, Wayne Madsen, en die Windies  se veelsydige Romario Shepherd vir 850 000 elk gekoop. Die verdedigende kampioene, Sunrisers Eastern Cape, het die jong bybreekbouler, Caleb Saleka, vir 175 000 rand opgeraap.