Frank Rubio is terug op eie bodem na ‘n jaar in die ruimte

ʼn Nasa-ruimtevaarder en twee van Rusland het na die aarde teruggekeer nadat hulle net meer as ʼn jaar in die ruimte gestrand was. Die sending wat vir 180 dae beplan is, het uiteindelik 371 dae geduur nadat hulle oorspronklike ruimtetuig ʼn lekplek opgedoen het. ʼn Ander tuig moes gestuur word om hulle te gaan haal. Dit het daartoe gelei dat Frank Rubio die rekord behaal vir die langste aaneenlopende ruimtevlug deur ʼn Amerikaner. Rusland spog met die wêreldrekord van 437 dae. Rubio en die twee Russe, Sergey Prokopyev en Dmitri Petelin, het byna 6 000 keer om die aarde gewentel.