Eskom se opwekking verbeter steeds
Eskom sê sy opwekkingsherstelplan lewer positiewe resultate. Daar is hoë vlakke van stabiliteit by die Medupi-kragstasie, en merkbare verbetering by die Duvha-, Majuba-, Hendrina- en Tutuka-kragstasies. Die kragverskaffer het die jongste inligting oor die kragstelsel se toestand, asook die vooruitsigte vir somer bekend gemaak. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die Hendrina- en Tutuka-kragaanlegte saam met Medupi en Lethabo het sedert Junie en Julie onderskeidelik ʼn gemiddelde energie-beskikbaarheidsfaktor van 85 persent gehaal: